Maart 2019 Nuusbrief – Frederik van der Walt
Afronding van bulle op die veld
Wanneer bulle op die veld afgerond word, pas hulle beter aan met terugkering vir reproduksie.
Die voordele van veldafronding:
1. Meer gesonde dier
2. Aanpassing op koper se plaas is beter
3. Gebruik minder voer
4. Reproduksie is beter
5. Funksionele doeltreffendheid
Die nadele van veldafronding:
1. `n Groter gedeelte van weiding word gebruik
2. GDT is minder as wanneer in kraal gevoer word
Die gebruik van Beefpro14
Veekos beveel aan om vir die afronding van diere in die kraal of op die veld Beefpro 14 te gebruik vir skou- en veilingsbulle. Dit word aanbeveel dat tydens gebruik van Beefpro 14 dit vermeng moet word met lusernkorrels op `n 50% basis wanneer bulle in kraal staan. Dit word verder aanbeveel dat bulle oor `n periode van drie maande op die veld afgerond word. Hierdie produk mag egter nie alleenlik vir diere gevoer word nie, maar moet met `n vermening van hooi plaasvind. Die produk bevat bestandele wat `n gesonde, gladde huid bevorder.
Aanbevole inname van Beefpro 14:
• Volg `n aanpassingsprogram vir 7 dae
• Voer na aanpassing teen 1-2% van liggaamsmassa met ad lib hooi.