Welkom
Veekos is op 11 Oktober 1958 gestig, met sy hoofkantoor
aanvanklik op Klerksdorp. In 1963, word Upington die hoofsetel
met die doel, om veral die gebiede te bedien, waar veevoervervaardiging
agterweë gebly het. Sedertdien, het Veekos nog altyd
‘n hoofrol gespeel in die ontwikkeling en verskaffing
van veevoere in die landbougebiede, wat andersins verwaarloos
is deur voermaatskappye.
Veekos moderniseer en diversifiseer voortdurend om in al
die dringende behoeftes van sy kliënte te kan voorsien.
Veekos bly groei dinamies die afgelope paar jaar en maak
van spesialiste in die verskillende vakgebiede gebruik,
om top gehalte produkte en diens te verseker. Hierdeur word
verseker dat tred gehou word met die nuutste navorsingsontwikkelinge
in die veevoerbedryf, om sodoende die mees ekonomiese produk
vir optimale produksie aan die boer beskikbaar te stel.
Veekos bedryf sy sake op so ‘n wyse dat hy ‘n
faktor is waarmee daar deeglik rekening gehou moet word
in die veevoerbedryf. Veekos streef na voortreflikheid!
|